Herman, jy het sekerlik ‘n roeping op jou lewe.

My liefste seuntjie, Herman

 

Ouma sê vandag net, dankie. Baie, baie dankie, Here Jesus. Want skaars was jy terug by die huis na jou 90 min epilepsie en die gevolge daarvan, of jou arme ma moet al weer met jou hospitaal toe jaag. Daai longetjies kon skielik nie funksioneer nie en dit alles as gevolg van ‘n nare virus.

Die een wat ons in leketaal ‘varkgriep’ noem. Teen dag twee of drie in die hospitaal stuur Mamma vir ons ‘n video van ‘n baie moeë ou seuntjie wat net so vlakweg asem haal. ICU toe met jou, sê hulle, en toe is dit maar weer die suurstof. Intussen kry Mamma ook die virus en Sus Elri nie lank daarna nie. Mamma is lyfseer en hoes vreeslik maar moet met jou regop in die bed sit, sodat jy kan asem kry.

 

Vir amper drie weke sukkel hulle om jou sover te kry om normale koors en asemvlakke te kry. Die varklike varkgriep het jou amper in sy kloue van ons af weggeruk.

Daarom sal Ouma maar net vandag bely dat ons ‘n baie groot God aanbid wat na ons hartewense luister. Want jy is weer veilig tuis. Welliswaar heelwat maerder, maar aan die gesels en baie opgewonde om by jou eie goedjies te wees.

God moet voorwaar ‘n roeping op jou lewe hê, want hoe meer die vyand jou lewe wil steel, hoe meer kom sê ons hemelse Pappa, NEE!

WhatsApp Image 2018-07-09 at 12.20.15

 

 

 

 

Advertisements

5 thoughts on “Herman, jy het sekerlik ‘n roeping op jou lewe.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s